Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die koerant is deel van my lewe

Ek reageer op die skrywes van Barnard Beukman (11.07) en Wilhelm Jordaan (15.07) oor die gedrukte media.

Wilhelm vra: Wat is die nut van ’n papierkoerant? Barnard sê: Ons gaan gedrukte media met selfs groter geesdrif aanpak.

Dis uiters goeie nuus vir menige van ons!

Hoewel ek toegang daartoe het, is ek anti- sosiale media. Ek lees Beeld al van die eerste uitgawe af en die koerant het deel van my lewe geword. Selfs as ons in die Bosveld gaan vakansie hou en die koerant is dalk nie beskikbaar nie, reël ek dat iemand tuis my Beeld koop en opgaar.

Ek verkies die papierkoerant, want ek versamel gegewens soos statistieke en ander feite wat ek uitknip en liasseer in my “argiewe”.

Welgedaan aan Barnard en sy span wat onder moeilike omstandighede steeds ’n papierkoerant professioneel aan ons beskikbaar stel.

Meer oor:  My Stem  |  Koerant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.