Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die magsduiwel het wêreldwyd die oorhand

Koos Kombuis skryf (10.02) oor die uiters kommerwekkende en toenemende verdeling onder Amerikaners. Hy vra ook Dawie Roodt se hulp met die beter verstaan van die begrippe “vryemark”, wat vir hom intuïtief goed klink, en “kapitalisme”, wat al hoe meer verdag voorkom. Koos is waarskynlik ook hiermee reg. Eintlik is dit grootliks dieselfde, maar verteenwoordig twee kante van ’n baie soortgelyke beginsel.

Dit kan seker gesê word dat kapitalisme toenemend die gediskrediteerde donker kant van die vryemarkstelsel geraak het. Indien die vryemarkstelsel darem verkieslik ’n sekere verantwoordelikheid voorveronderstel dat deelnemers met redelikheid en medemenslikheid sal optree, word die begrip kapitalisme al hoe meer met oordrewe gulsigheid, selfverryking en selfs openlike korrupsie geassosieer.

’n Benadering wat ag slaan op beide die doeltreffendheid van kapitalisme, sowel as die medemenslikheid van sosialisme.

Soos sekere selfgesentreerde politici met onbevredigbare magslus, is daar sakelui wat al wat voorkom sal vertrap en beginselloos rykdom nastreef.

Dit is ongelukkig dié relatiewe minderheid geldvrate wat toenemend die begrip kapitalisme se donker kant na vore bring.

Regstelling tot ’n aanvaarbare vryemarkstelsel kan bevorder word deur ’n politieke omgewing wat (a) die land behoorlik regeer, en (b) die vrye mark sterk aanmoedig om ’n betekenisvolle deel van kapitaalwins vir die opheffing van die breë samelewing aan te wend.

Bill Gates noem dit sosiale kapitalisme. ’n Benadering wat ag slaan op beide die doeltreffendheid van kapitalisme, sowel as die medemenslikheid van sosialisme. Gates, Warren Buffet, Richard Branson en andere is lofwaardige voorbeelde in die regte rigting, maar ons is bitter ver van ’n algemeen-werkende model. Die magsduiwel het nog oral die oorhand.

Meer oor:  Koos Kombuis  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.