Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dié met ’n siektefonds moenie kla

Ek verwys na die kommentaar op 10 deser oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Slegs 10% van ’n bevolking van 58 miljoen het toegang tot goeie mediese dienste. Van die 10% is die minderheid blank.

Dit is ’n absolute skande dat die meeste burgers van die land nie toegang tot gehalte- mediese dienste het nie, en ek as ’n vrou van 59 is een van hulle.

Wat ’n voorreg is dit nie om ’n mediese fonds te kan bekostig en dan te kla wanneer ’n plan op die tafel gesit word sodat almal gehalte- mediese geriewe kan kry nie. Dit is soos om neer te sien op diegene wat nie gesondheidsorg kan bekostig nie.

Maar diegene wat so oor die NGV kla, word deur die staat gesubsidieer. Dit gebeur wanneer hulle hul mediese uitgawes van belasting aftrek. Glo my, dit is seker baie minder as wat ek jaarliks aan mediese dienste kan bestee.

Ons wat nie aan mediese fondse behoort nie, gaan nie vir ’n kuggie of ’n kopseer of ’n puisie op die boud dokter toe nie. Ons sit en wag vir ’n dokter – tot nege uur lank in ’n ry.

Waarom so neersien op dié wat regtig siek is en ’n dokter wil spreek, maar nie die voorregte het van dié wat mediese fondse kan bekostig nie?

Ek wens dat diegene wat so besitlik oor hul mediese voordele is, net een keer na ’n provinsiale hospitaal sal gaan en kyk wat daar aangaan. Dan sal hulle hul kop in skaamte laat sak en besef wat ’n voorreg dit is om toegang tot mediese dienste te hê sonder om vir die dienste te moet wag.

Meer oor:  Knysna  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.