Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die nood van ’n nasie, volk en beskawing

Hierdie brief is ’n dringende, opregte oproep tot die totale volksbestel in Suid-Afrika.

Dit is baie duidelik en onweerspreeklik dat hierdie eens voorbeeldstaat vir die hele Afrika vandag op die punt staan van ’n totale ineenstorting in alle fasette van die eens ordelike bestel.

Lees en luister maar na elke berig – dit is chaos net waar jy kyk – die tabakbedryf, wynbedryf, gesondheidsgeriewe, vervoerdienste, ens.

Maar gee eintlik aandag aan die bestuur van die land.

Waar kom die bevelsraad (dit is mos ’n militêre term) vandaan? Waar is ons “demokraties verkose” parlement?

En waarom val feitlik elke geordende vertoë van burgerlike en ander instansies op dowe ore in die kabinet, wat oënskynlik tans net uit twee of drie ministers bestaan?

Ná diepgaande denke kan daar tot die gevolgtrekking gekom word dat Karl Marx se ideologie iets by hierdie mense kan kom leer!

Mag en beheer is waarom dit gaan.

Die ANC-regering het vandag die mag in Suid-Afrika, asook die beheer.

Die president sê vandag een ding en ’n minister ’n ander ding môre.

Verantwoordelike optredes van Jan Publiek word outokraties verbied. Jy gee nie brood vir ’n honger mens langs die pad nie, jy drink nie, jy rook nie en jy gaan nie kerk toe nie, ensovoorts.

Ons land leen onbeheersd geld! Wanneer en wie gaan dit terugbetaal?

Eskom hang aan ’n draadjie, maar die SAL gaan vlieg.

Die ganse Afrikanernasie moet nou sy voet dwars sit – en te voet, op fietse, in oorlaaide taxi’s, geel kruiptrekkers en alles wat wiele het na die Uniegebou opruk en aan pres. Cyril Ramaphosa en sy kabinet sê: “Genoeg is genoeg. Julle is almal ontslaan. Die nasie vertrou julle nie meer nie. Ons stel ’n mosie van wantroue in u en eis behoorlike erkenning van die Grondwet en daadwerklike optrede aan die hand van redelike vertoë van erkende en bestaande burgerlike instansies.”

Indien dit nie geskied nie, kan die moontlikheid van onrus en onberekenbare reaksies nie voorsien word nie en staar die land ’n toekoms van ellende en hongersnood en selfs dood in die gesig.

Doen asseblief wat u weet gedoen moet word.

Meer oor:  Armoede  |  Elias J.J. Olivier  |  Oudtshoorn  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.