Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die nostalgie van koerantpapier

Ons het altyd Beeld by ons huis laat aflewer toe ek jonger was. ’n Seun in ons buurt het die koerante met sy fiets afgelewer en voor dagbreek het Beeld al in ons oprit verskyn.

Die lekkerte om voor skool tog nog gou deur die koerant te blaai terwyl jy jou pap eet . . . Dít was oomblikke waarin talle van my skrywersdrome ontkiem het.

Tans kuier my ouma vir ’n paar weke uit Bellville hier by ons in Pretoria. Een van die familielede het as geskenk vir haar vir tyd en wyl ingeteken op Beeld. Soos van ouds lê die koerant in die oprit, nog voordat ons wakker is.

Ons geniet weer die nostalgie wat in die krakerige papier opgesluit lê.

“Het Ouma die berig van Kaavan die olifant gesien?” Of: “Lees bietjie die berig van die meisie wat haar aanvallers in Marquard kon uitstof!”

Wat ’n heerlike gevoel om weer die koerant by my ouers se kombuistafel te kan lees . . .

Meer oor:  My Stem  |  Koerant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.