Ek verwys na die talle berigte oor skole wat eers ontsmet moet word voordat kinders toegelaat sal word om na die klaskamer terug te keer.
Uit die berigte is dit ook duidelik dat iemand heelwat geld uit die ontsmetting gaan verdien.
Volgens studies lewe die virus hoogstens vier dae op die oppervlak van hout, plastiek en glas en korter op metaal.
Dus sal geen virus op enige oppervlak in enige skool wat langer as twee maande gesluit was, gevind word nie. Die virus sal saam met die mense terugkeer.
Spaar eerder die geld en gebruik dit om verspreidingsrisiko’s te beperk wanneer die kinders terug is op die skoolbanke.