Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die president ‘sien die lig’ oor grondbesit

Die president se toespraak Dinsdag het die waarheid bevat: Grondbesit help om identiteit te bou en te verseker.

Dr. H.F. Verwoerd het dit jare gelede ook gesê en dit het aanleiding gegee tot die tuislande waar elke volk sy identiteit kon handhaaf en bou.

Verder was daar onafhanklikheid, selfregering en die vermoë om ekonomies te ontwikkel. Die tuislande het van die beste landbougrond in Suid-Afrika gehad, tewens het dit nog steeds.

Elke etniese groep kon homself uitleef in sy eie gebied waar hul voorouers geleef het – Transkei, Ciskei, KwaZulu-Natal, Bophuthatswana, ensovoorts. Maar nee, dit was mos ’n apartheidsgogga en moes uitgeroei word. En nou?

Nou sien pres. CR weer die lig. So los die wit plase en begin die ou tuislande vir verblyf en ekonomiese groei ontwikkel. Duisende van die arme plakkers kan daar gehuisves word en ekonomies boer. So, sterkte, president, mag die tuislande spoedig volg.

Meer oor:  My Stem  |  Grondbesit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.