Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die sirkel van sekularisasie is nou voltooi

Dekades gelede was die kerk die middelpunt van ’n dorp. Alles het om die kerk en geloof gedraai. Geleidelik het die plek en invloed van die kerk vervaag, soos die dorpe en stede se uitbreiding al hoe verder uitgedy het. Filosowe noem dit ’n proses van sekularisasie.

Suid-Afrika het deur so ’n sekularisering gegaan. Die kerk en teologie se invloed is deur wetenskap, tegnologie, filosofie en sosiale media gerelativeer. Bybelse standpunte het al hoe minder belangrik geword. In die era van die modernisme het wetenskaplike bewyse die kerklike invloed verklein. Met die koms van die postmodernisme is alle waarheid, ook die waarheid van Skrif en kerk, gerelativeer.

TV-programme onderstreep die voltooiing van die siklus. Programme word gekenmerk deur inhoud en inslag wat die Skrif en kerk se waardes uitdaag. Seksuele losbandigheid en buite-egtelike verhoudings is alledaags. Onderhoude word met mense gevoer wat oor hulle seksuele voorkeure gesels. Selfdegeslagverhoudings figureer gereeld, opsigtelik om die publieke opinie daarmee te beïnvloed. Onwelvoeglike taal en geweld het deel van ons “vermaak” geword. Die samelewing het van sekularisasie na sekularisme beweeg.

In sekularisme is dit nie meer kerk teen wêreld nie. Die proses het ook binne die kerk tot voltooiing gegroei. Die interpretasie van die Skrif het so gefragmenteer dat die beginsel van diversiteit elkeen toelaat om binne die kerk te bly al huldig hulle ook oortuigings wat teen die Skrif ingaan. Die Algemene Sinode het selfs besluit dat almal, ongeag hulle seksuele oriëntasie, deel van die kerk se ampte en bedieninge kan wees. Die Skrif het lank reeds hierdie proses voorspel. Slegs dié wat verkies om aan die Skrif as oorkoepelende paradigma vas te hou, kan die invloed van sekularisme oorleef.

Meer oor:  My Stem  |  Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.