Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dié situasie by howe moenie toegelaat word

Die Jacob Zuma-hofsaak is nou weer oral voorbladnuus.

Sy ondersteuners word aangemoedig om op te daag om hom te ondersteun en dan is daar die gepaardgaande toesprake (opsweping van gemoedere) ná die dag se verrigtinge.

Dié soort ding moenie toegelaat word om in die nabye omgewing van ’n hof plaas te vind nie, want dit skep ’n onveilige situasie vir die regters en ander wat die regsproses hanteer.

Behoede ons van die dag wat optrede handuit ruk en mense doodgemaak word as gevolg van emosies wat oorkook. Daar is ook ’n klimaat van intimidasie teen die regters en ander in dié omstandighede om objektief op te tree. Onthou, hulle is ook net mense.

Meer oor:  Zuma  |  Hof  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.