SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
My Stem
Dié slaagsyfer gee nie ’n ware beeld

Die ontleding (05.01) van die matriekuitslae van 2018 teenoor die uitslae in gr. 10 en gr. 11 per provinsie gee ’n baie beter weergawe van die sukses van ons openbare onderwysstelsel.

Dit duidelik dat die beginsel dat ’n leerling slegs een maal per fase mag druip, baie doeltreffend deur skole toegepas word. Leerlinge wat gr. 10 druip, is in elk geval akademies só swak dat hulle die skool verlaat. Daarom gee skole baie “druipelinge” in gr. 10 ’n kans om na gr. 11 te vorder. In gr. 11 word dan ’n fyner sif gebruik en net leerlinge met ’n redelike kans om gr. 11 te slaag en al ’n slag in die senior sekondêre fase gedruip het, word deurgesit – en die resultaat is ’n opgeblase slaagsyfer in gr. 12.

Die opgeblase slaagsyfer is dus glad nie ’n ware weerspieëling van die standaard van ons onderwys nie. Net diegene wat hul eie propaganda glo, sal daarmee in hul skik wees. Die ware toets vir enige produk lê in die waarde wat dit oplewer nadat dit die “fabriek” verlaat het. Ek is bevrees dat die resultate in die werkplek en tersiêre inrigtings die sotlikheid van hierdie beleid en optrede aan die kaak sal stel.

Meer oor:  My Stem  |  Matrieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.