Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die snertstories oor entstof saai net vrees

Covid-19 raak ons lewens erg.

Kyk hoeveel mense is dood, selfs jong mense wat nog ’n toekoms voor hulle gehad het.

Ander wat dodelik siek word en oorleef, hou nagevolge oor wat hul lewe baie sleg maak.

Baie van ons het van Maart 2020 af gebid vir uitkoms.

Toe kom die entstowwe en ons is verlig.

Die geleerdes sê dit help teen die dood en ernstige siekte.

Nou is daar egter mense wat vreeslike dinge oor die entstof kwytraak.

Oral in die Vrystaat word ’n storie versprei dat almal wat dit ontvang het oor twee jaar gaan sterf.

Sulke stories veroorsaak soveel vrees, en dít terwyl ons president bekommerd is oor die baie gevalle in die Vrystaat en Noord-Kaap.

Ek wens ek weet waar mense aan al die snert kom wat hulle verkoop.

Hierdie siekte is baie lelik.

As ons dit kan beheer, gaan almal van ons se lewe, die ekonomie en toestande in die skole verbeter.

Ek hoop mense sal besef dat dit sal help om vir die entstof te gaan.

Meer oor:  Entstof  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.