Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die staat is eintlik lankal gekaap

Staatskaping word voor die deur van die Guptas gelê. Almal skree dat hulle en hul meelopers vervolg moet word.

Ek het egter nuus vir diegene. Die staat is lankal gekaap – deur vakbonde. Die vakbonde maak en breek soos hulle wil, hits werkers aan om te staak en reël optogte wat tot algehele wetteloosheid lei.

Geld is mag en dit is die rede waarom vakbonde enige staking vir ’n onbepaalde tyd aan die lewe kan hou. Laat hulle hul finansiële posisies bekend maak! Ek glo dat hulle oor enorme fondse beskik.

Pres. Ramaphosa, verbied alle vakbonde en stakings en optogte en red asseblief hierdie land. Moenie hierdie wetteloosheid duld net om stemme te werf nie.

Meer oor:  Staatskaping  |  Mystem  |  Briewe  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.