Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die stryd om ons land en grond duur voort

Dana Snyman slaan die spyker op die kop in sy Goeiemôre-rubriek “ ’n Taal is baie meer as net praat en skryf” (20.04).

Afrikaans is inderdaad die enigste inheemse taal in Suid-Afrika.

Die Nguni- en die Sotho-taal behoort aan Afrika noord van die Limpopo.

En Engels behoort aan Engeland.

Natuurlik sou Dana se bydrae veel groter gewees het indien dit 27 jaar gelede al geopper is.

Maar sy bydrae in 2021 tot die ware storie van ons geskiedenis en aan wie die grond behoort in wat vandag bekend staan as Suid-Afrika, is nie te versmaai nie.

Jou een druppel Khoi-bloed maak jou familie, Dana.

Nou moet die familie saamstaan om ons grond in die besit van die familie te hou en grond te kry vir die miljoene wat ont­eien bly.

Hierdie miljoene word voor en ná 1994 geklassifiseer as kleurling of coloured­ of bruin (ons is alle skakerings van wit en swart).

Maar geen feit van die geskiedenis van dié deel van Afrika kan ons wettige en morele reg op eienaarskap verander nie.

Dankie, Volksblad, dat julle uiteindelik die regte narratief begin het. Die res van die joernaliste bly embedded in die heersende storie.

Aluta continua vir ons land en grond.

Eendrag maak mag.

Meer oor:  Dana Snyman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.