Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dié studente se optrede ontstellend

Sonder gehalteonderwys aan alle leerlinge sal ons nie die vraagstukke in ons land kan oplos nie. Die berig “Toets glo te moeilik, toe stap studente uit” (31.08) was daarom uiters ontstellende nuus.

Altesaam 300 opvoedkunde-studente van die Universiteit van Limpopo het uit die toets­lokaal gestap, glo omdat die semestertoets te moeilik was.

Dit laat ’n mens met talle vrae: Die vraestel het hoofsaaklik bestaan het uit tweepunt- en meervoudigekeusevrae. Daar is nie van die studente verwag om ’n abstrakte opstel te skryf of ingewikkelde argumente te voer nie.

Hoe is dit moontlik dat hulle die toets as te moeilik beskou het? Verstaan hulle nie die konsep van ’n universiteit nie?

Wat sal gebeur as mediese of ingenieurstudente dieselfde doen? Wie gaan hulle deur sulke dokters laat diagnoseer of opereer en hoe lank sal die brûe en geboue van sulke ingenieurs hou? Watter gehalte onderwysers gaan die studente word en watter voorbeeld van werksetiek gaan hulle vir leerlinge stel? Wat van die studente wat wel geleer het en die toets wou skryf?

Die redes vir dié onaanvaarbare situasie wat die akademiese kredietwaardigheid van die hele universiteit verdag maak, is onder meer die feit dat leerlinge op skool slegs een keer per fase mag druip en hulle daaraan gewoond raak dat hulle “bevorder” word, of hulle hul kant bring of nie.

’n Ander rede is dat die gehalte van onderrig aan 75% van ons skole só swak is dat dit studente nie voorberei op die akademiese eise en uitdagings van die werk op universiteitsvlak nie.

Verder is die gebeure die ongelukkige resultaat van die wanpersepsie dat almal universiteit toe moet gaan en grade moet verwerf om ’n werk te kan kry.

Aan die ander kant is dit onverskoonbaar dat dosente die verkeerde vak en tyd op die buiteblad van ’n toets plaas. Sulke nalatigheid is onaanvaarbaar, selfs op laerskoolvlak.

Daar sal dringend krities gekyk moet word na die gehalte van dosente aan opvoedkundefakulteite, asook na die gehalte van die onderwysstudente, want die toekoms van ons kinders en kleinkinders is in hul hande.

Die video van die oproerige studente wat vraestelle rondgooi, is hartseer en ontstellend, want dit beteken chaos en wanorde en laat ’n mens met die gevoel: “Things fall apart.”

Meer oor:  My Stem  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.