Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die US se taalbeleid is nie goed deurdag nie

Die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch het betrekking. Hoe op dees aarde is dit moontlik dat onderrig en assessering as die twee kernelemente van onderrig volgens dié beleid totaal en al van mekaar ontkoppel word?

Dít is in wese wat die nuwe taalbeleid impliseer waar dosente toegelaat word om modules in die eerste semester van vanjaar slegs in Engels aan te bied. Ten opsigte van assessering word bepaal: “Wat nie deur die aanbeveling geraak word nie, is assessering. Dit sal steeds in sowel Engels as Afrikaans geskied vir voorgraadse modules.”

Hierdie bepaling in ’n eenduidige Engelse onderrigomgewing gaan my begrip te bowe. Probeer jou indink in die skoene van ’n Afrikaanssprekende student waar die onderrig van sy/haar modules uitsluitlik in Engels ontvang word, maar in die eksamensituasie voor die keuse gestel word om die vraestel in Afrikaans te beantwoord.

Dis tog hoogs onwaarskynlik dat so ’n student die waagstuk sal aangaan om dit te doen, terwyl die leermate­riaal en onderrig van die vakterminologie in Engels is. Indien ’n student tog waagmoedig genoeg is, hoe sal hy/sy weet of die spesifieke Afrikaanse vakterm wat gekies word om ’n spesifieke Engelse begrip weer te gee, die gepaste of regte een is? Vra my, ek was jare deel van die beleid wat blootgestel is aan die sogenaamde “T-opsie”.

Een van my grootste uitdagings daardie tyd was dikwels om studente te help om op ’n manier met die probleem van geskikte vertalingsekwivalente om te gaan. Dit is nie ’n eenvoudige saak nie.

Kortom: Word studente voor die keuse gestel om vraestelle in Afrikaans te beantwoord, moet hulle ook deeglik begelei word om vakspesifieke terminologie baas te raak, anders word hulle vir die wolwe gegooi. Is dit akademies verantwoordbaar? As ’n voetnota: Wie merk so ’n Afrikaanse antwoordstel as die dosent nie die taal magtig is nie?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.