Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die ‘verdienstelikheid’ van BLM

Dis met groot teleurstelling dat ek Henry Jeffreys se rubriek op 5 deser gelees het. Elke rubriek van hom wat ek deur die jare gelees het, het my respek vir hom bevestig. Maar dat hy kan verklaar dat die BLM-veldtog verdienstelikheid het, het geskok.

Die dood van George Floyd het grootskaalse en bandelose verwoesting tot gevolg gehad. ’n Mens is nie blind vir die vergrype van polisiebeamptes teenoor swart (en wit) oortreders nie, maar wat in Amerika gebeur het, het baie gekompliseerde oorsake, asook onbedoelde gevolge.

BLM propageer dat wit mense die knie voor swart mense moet buig en soos ’n Judasbok in die woestyn in moet hardloop. Enige redenasie om hulle hul bevooroordeelde standpunte te laat insien, word oombliklik verskree met die etiket van “rassis”!

Die BLM-veldtog is besig om te ontaard in ’n nuwe ideologie – wat geen teëspraak duld nie. Is dit nou wat jy verdienstelik noem?

Meer oor:  Henry Jeffreys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.