Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die vier virusse wat SA vernietig

Daar is vier virusse wat die samelewing vernietig:

  • Korrupsie op alle regeringsvlakke wat beleggersvertroue kelder en die ekonomie vernietig;
  • Wanbestuur, wat goeie regering op alle vlakke verswak of vernietig en wat die land kwesbaar maak vir die korrupsievirus;
  • Rassisme, wat daartoe lei dat sekere swart mense onder die vaandel van radikale ekonomiese transformasie en sekere wit mense onder die vaandel van “my volk” hul leiers blindelings volg; en
  • Die koronavirus, wat teen nóg wit nóg swart mense diskrimineer, maar groot geleenthede skep vir diegene wat met die wanbestuur-en- korrupsievirus besmet is.

Mutasies van die Groot Vier – soos vergrype met SEB en met diskriminerende regstellende aksie, kwotas, ensovoorts – maak dit moeilik om ’n entstof te bekom.

Maar die meerderheid van die land het genadiglik reeds ’n weerstand teen dié virusse opgebou. En dis waar die heropbou moet begin.

Meer oor:  Mystem  |  Virus  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.