Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die vorige Kubane het dan niks beteken nie

Hier gaan ons Vrystaatse regering weer met die geldmorsery. Dié keer op Kubaanse professore.

In die tyd dat Ace Magashule premier was, was Kubaanse ingenieurs die oplossing vir ons krisisse in die provinsie.

Waar is hulle nou?

Die probleme wat hulle moes oplos, sleep voort. En ons is miljoene kwyt weens die salarisse wat hulle verdien het.

Nou kry ons professore om onderwysers wiskunde te leer.

Die Vrystaat is bankrot, maar die professore gaan wonderlike salarisse verdien.

Tate Makgoe, LUR van onderwys, moet oor ’n jaar vir ons vertel hoe suksesvol dit was en hoe onderwys daardeur getransformeer is.

Meer oor:  Ace Magashule  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.