Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die vrou is eerstens ma, opvoeder

Met Vrouedag agter die rug en vroueregte aan die orde van die dag, is dit nodig om die vrou se rol in die samelewing in perspektief en konteks te plaas.

Behalwe op fisieke vlak hoef die vrou geensins vir die man terug te staan nie. Veral op die intellektuele vlak staan sy haar “man”, soos onder meer gereflekteer met matriekresultate waar dié geslag telkens twee derdes van die toppresteerders uitmaak.

Sedert die vrou ook tersiêre opleiding kon kry, het sy haar merk in die sakewêreld, op professionele vlak en in die onderwys gemaak.

Alle vroue se skeppingsdrang en natuurlike verpligting is wel om ma te wees.

Daarsonder is die voortbestaan van die mensdom nie moontlik nie. Gepaardgaande met moederskap kom opvoeding – die belangrikste taak.

Waar dié verpligting versaak word, is die gevolge waarneembaar in ongedissiplineerde gedrag op alle vlakke van die samelewing. Dit is die manlike geslag se plig om die vrou in dié taak te ondersteun en moederskap tot ’n statussimbool te verhef. Alleen dan kan daar normaliteit in die gesin en samelewing wees. Gee die vrou die geleentheid om haar talente te gebruik, maar ondersteun haar bowenal as vrou en ma.

Meer oor:  Vrouedag  |  Randburg  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.