Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die wiel begin nou stadig te draai

Met Jacob Zuma se tronkstraf begin die wiel stadig maar seker te draai. Die wiel draai ook met die skorsing van Carl Niehaus uit die ANC. Wat my betref, kan hy saam met Zuma gaan sit. Met sy opruiende toesprake stel hy lewens in gevaar. Is dit nie genoeg dat meer as 60 000 Suid-Afrikaners al aan Covid-19 dood is nie? Ons het nie nog onnodige sterftes nodig nie.

Ek dink Zuma se groot maats is bekommerd, want die wiel gaan ook vir hulle begin draai.

Soms wonder ek hoe Zuma as president die pandemie sou hanteer het. En dan kom die grappie by my op: Hy sou dit aan die Guptas verkoop het. Iets wat my ook dwars in die krop steek, is dat belastingbetalers vir al Zuma se vroue en kinders moet sorg.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Jacob Zuma  |  Briewe  |  Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.