Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die Woord sypel weg in NGK-debat oor gays

Elmarie Dercksen se Woord en perspektief-rubriek, “Ons stry terwyl mense wag” (03.03), het betrekking.

Ds. Dercksen sluit die rubriek af met “ou, ou gematigde woorde” uit een of ander geykte aanhaling.

In die res van haar betoog oor moontlike kerkskeuring is nie ’n enkele wóórd uit die Woord nie.

Dit is in kontras met ds. Piet Fourie se woorde in dieselfde uitgawe van die koerant.

Ds. Fourie sê: “Ons kan nie na die samelewing luister nie, ons moet na die Woord van die Here luister . . . en die pad van die Woord volg.” (“NGK-besluit oor gays. Gemeente in VS staan op uit protes.”)

So sien ons in die kerkdebat oor selfdegeslagverhoudings hoe voorstanders daarvan die goddelike Woord in die sand laat sypel.

Dié wat die Woord nie laat uitstaan soos ’n helder lig op ’n berg nie, ondergrawe dit.

En hulle skeur die lamp los van die staander.

Meer oor:  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.