Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dienslewering is nié moeilik

Oor werkloosheid en die patetiese bestuur van ons munisipaliteite:

Die bestuur van munisipaliteite gee nie ’n duiwel om vir die werkloses nie.

Dis meestal wit Samaritane wat die werkloses kos gee.

In Bloemfontein is wit mense wat onder meer naby die Klipkerk gereeld vir swart werklose mense kos gee. Dit is vir die weldoeners geen moeite om die kos te maak en uit te deel nie.

Tog word wit mense steeds gehaat en skeel dit die ryk swart politici min wat gedoen word. Al ons wit mans is mos “verkragters”.

ANC-politici gee slegs om oor hul salarisse en status en gee slegs in verkiesingstyd ’n R10-noot of ’n T-hemp vir stemme.

In die ANC-beheerde munisipaliteite is daar ook maar net nie die nodige kennis en wil vir behoorlike bestuur nie.

Ons moet regtig ’n president kry wat weet wat hy doen en die korrupsie heeltemal uitroei.

Nasionale en provinsiale departemente en munisipaliteite moet almal ’n geoktrooieerde rekenmeester as adjunkhoof kry, wat elke onderafdeling van sy of haar departement of munisipaliteit soos ’n sakeonderneming bestuur. Elke liewe transaksie moet behoorlik bestuur word.

Dienstegeld moet getrou oorbetaal word aan onder meer Eskom en Bloemwater.

Geld vir sanitasie moet vir sanitasie gebruik word en geld vir vullisverwydering vir vullisverwydering. Dit moet goed bestuur word.

Hoe moeilik kan dit ook wees om met ’n vrag teer deur Bloemfontein te ry en elke slaggat te herstel?

Dieselfde geld die herstel van stukkende verkeersligte en straatligte.

Raak ontslae van buitelandse konsultante en stel ongeag velkleur Suid-Afrikaners aan wat bevoeg is om goeie werk te doen. Só sal werkskepping ’n hupstoot kry, agterstande uitgewis en agterstallige projekte baie vinnig doeltreffend afgehandel word!

Meer oor:  My Stem  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.