Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Diere op N2 vereis dringend stappe

Ek wil hê die kwessie van los­loperdiere op snelweë moet op­gelos word in die belang van die veiligheid van mens en dier op die N2.

Volgens wet moet sulke diere in veilige bewaring geneem (geskut) word. Daar is egter diegene wat genot daaruit put om ’n dier wat oor die pad loop, met hul voertuig te stamp. Ek het ver­lede week anderhalfuur saam met wetstoepassingsbeamptes gewag dat lede van die Dierebeskermingsvereniging opdaag om so ’n beseerde dier te kom verwyder.

En die volgende oggend moes ek om 05:00 in die motorlig die karkas van ’n dier aanskou waarvan die vleis afgesny was. Hoe wreed. Ek kan die gesig nie vergeet nie. Ek het al talle oproepe gemaak om te kla en hulp te soek, maar dit val op dowe ore.

Ek dink dit is tyd dat diegene wat in ’n on­geluk beland weens diere op die N2, ’n eis teen die Kaapstad-metro instel. Dalk skrik iemand dan wakker.

Meer oor:  My Stem  |  Diere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.