Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dieretuin: Respek vir kundigheid is nodig

Eens op ’n tyd is die Bloemfonteinse dieretuin voortreflik bestuur met die diere se hokke skoon en netjies terwyl omringende grasperke en tuine soos ’n lushof vertoon het.

Daryl Barnes en sy span het met die nodige kundigheid verseker dat die diere deurgaans goed versorg word en hoë besoekersgetalle het hiervan getuig.

Wat het intussen verkeerd geloop en waarom die agteruitgang?

ANC-politiekery en totale beheer het ’n stokkie kom steek voor ’n eens florerende bedryf. Kundigheid moes die knie buig voor kaderontplooiing en om die kundigheid uit die weg te ruim is Barnes valslik van diefstal beskuldig. Gemene spel het voor ons oë kom afspeel en dit is duidelik dat die stadsbestuurder en sy vier meelopers met ’n sameswering teen ’n onskuldige persoon besig is.

Daar word vertrou dat die howe teen hierdie waansin sal beslis en hulle die vyf topamptenare sal dwing om hul verskonings op die voorblaaie van betrokke koerante aan te bied.

Die les uit hierdie onsmaaklikheid te leer is dat die kundige persoon met respek behandel sal word en indien magsmisbruik wel plaasvind, die onreg deur die howe reggestel sal word.

Sonder die nodige kundigheid kan die dieretuin nie doeltreffend bestuur word nie en behoort sy deure te sluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.