Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Digter MM Walters kry ereplek in heldegalery

Daniel Hugo se puik huldeblyk aan MM Walters (“ ’n Welverdiende voetstuk vir Walters op 90”, 21.01) behoort eintlik ’n hele blad te beslaan. ’n Reus wat deur baie volksgenote eerder geïgnoreer wil word. Sommige sou ’n vuurtjie rondom sy voete wou maak terwyl hy aan ’n paal vasgemaak is. Hy het ’n reuse-intellek, uiters skerp waarnemingsvermoë en ’n sensitiewe gees met diep insig in die menslike toestand gehad.

Ek het sy werke ná 1994 ontdek en dit verslind. En weer verslind. En weer. Daardie vrae wat ek as jong mens gehad het, maar nooit ’n antwoord op kon kry nie, het hy help antwoord. Want tot 1994 was Kerk en Staat een.

Daar is vir jou gesê wat om te lees, te kyk, te hoor en te dink. Walters was ’n gevaar vir daardie onheilige sameswering. En hoeveel wat hom vandag vyandiggesind is, verlang tog so na daardie “goeie ou dae!” Ja, die mense is min vertel, maar die meeste wou nog minder weet.

Walters het in my ’n kritiese denke ontwikkel waarvoor ek hom ewig dankbaar sal wees. Ek leen sy werke aan almal uit wat ek dink ’n bietjie oop vir kritiese denke is. Want hy help jou om te ontsnap van ’n houding van “Ek het klaar ’n besluit geneem. Moet my nie kom verwar met nuwe insigte nie!”

As satirikus is en was daar nog nie sy gelyke in Suid-Afrika nie. Hy kloof twak en nonsens oop tot op die been, en laat nuwe insigte oopgaan vir die leser. En dit alles in die keurigste Afrikaans.

Hy het ’n ereplek in my heldegalery. ’n Reus inderdaad.(Lees ook “Meester van satiriese poësie is 90 jaar oud” (23.01) wat op die kunsblad verskyn het. – Briewered.)

Meer oor:  My Stem  |  Daniel Hugo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.