Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dink, droom en maak keuses!

In aansluiting by die skrywe van GPD Terblanche (01.07) “Dink, droom saam met Cyril”: Elke mens moet droom en keuses maak in die lewe. Jy beoordeel ’n kunswerk aan die droom daaragter en nie die foute daarin nie.

Einstein (1879-1955) het gesê: “Om nuwe vrae te opper, nuwe moontlikhede in te sien en ou probleme uit ’n ander hoek te benader, vereis kreatiewe denke. Kreatiwiteit is bloot om uit te vind dat daar geen besondere deug in is om aan te hou om dinge te doen soos hulle nog altyd gedoen is nie.”

Hy sê verder: “Nie een van my uitvindings het ‘per geluk’ gebeur nie. Ek moes bitter hard daaraan werk.

“Ek glo in drie reëls vir werk: soek eenvoud in verwikkeldheid en harmonie in dissonansie, en probeer om die geleentheid wat in elke probleem skuil, raak te sien.”

So, mense, dink, droom en maak keuses! Daar is vele verskillende keuses. Jy kan kies om in vrees te lewe en dan sal jou lewe een gesukkel en oorlewingstryd bly.

Jy kan kies vir mag en beheer oor elke situasie en jy sal in ’n voortdurende magstryd soms verloor en soms wen. Jy kan selfondersoek en nadenke kies en sal insig in jou situasie kry.

Jy kan kies om jou situasie te herskep en dan moontlik wonders ontdek. Jy kan liefde kies, liefde vir jouself en ander en jou gemeenskap en naaste dien en versorg.

Of jy kan kies om getrou aan jou diepste self te wees – wie jy gemaak is om te wees – en dan sal jy die ongelooflike rykdom en sin van die skepping kan waardeer en geniet.

Maar daar moet ook risiko’s geloop word. Die grootste gevaar in die lewe is om niks te waag nie.

Mense wat niks waag nie, het niks en is ook niks nie.

Hulle slaag miskien daarin om swaarkry en hartseer te vermy, maar hulle kan nie leer, voel, verander, groei, liefhê of “lewe” nie.

Leer van gister, leef, droom en dink vandag en hoop vir môre.

Meer oor:  My Stem  |  Drome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.