Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dink eers voordat jou tong sweepslag slaan

Dr. Seuss is een van my gunstelingskrywers. Daar is die lieflikste berymings van sy boeke in Afrikaans deur Leon Rossouw. In Die Loraks lees ek: “ ‘Meneer,’ sê die ou met ’n knor en ’n brom. ‘Ek praat vir die bome, want bome­ is stom.’ ” Gee tog vir almal gelyke kanse op ontwikkeling, veral as dit gaan oor die aanleer van vaardighede.

Kyk na die bustoneel in die rolprent Forest Gump. Forest, die seun met ysters aan die bene, stadig van begrip, maar met die mooiste hart, oorkom hindernisse en maak ’n impak.

In een toneel wil niemand langs hom sit nie; dan maak ’n meisietjie vir hom plek en hul mooi vriendskap begin.

Role Model sing die volgende in “Thank You for Coming”: “Make some noise for the kids who won’t sit next to me . . .”, en: “One last dance with the girl who’s way too good for me / ‘Cause­ somehow it felt good to me / You notice who I am.”

Wees gaaf. Hier is ’n leidraad: ’n Mens het twee oë, twee ore en net een mond. Kyk en luister dalk meer as wat jy praat. En jou brein is ook nogal groter as jou mond, nè. Dalk ook so ’n bietjie dink voordat jy ’n sweepslag slaan met jou tong?

Ag en lees tog! Op LitNet skryf Elmarie­ Viljoen-Massyn oor “Die opkoms van die introvert”, waarin sy verwys na Susan Cain se boek Quiet: The Power of Introverts in a World that Can’t Stop Talking.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.