Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dink mooi oor stigtingsplan

Jan-Piet Bosman, Randburg, skryf:

Die splinternuwe politieke beweging wat Herman Mashaba in die vooruitsig stel, klink belowend.

Dit sal natuurlik ook afhang van wie hy by sy stigtingsplan betrek. ’n Ekonoom soos prof. Jannie Rossouw van Wits kan ’n voor die hand liggende kandidaat wees, maar daar is ook verskeie ander gekleurde ekonomiese, politieke en maatskaplike kundiges van faam, asook leidende sakelui van verskeie etniese en geloofsgemeenskappe wat hul hande sou kon opsteek.

As ek mag waag om in hierdie verband twee name van buite die sakewêreld te noem, sal dit hoofregter Mogoeng Mogoeng, asook die voormalige openbare beskermer adv. Thuli Madonsela wees.

Miskien kan iemand soos Mashaba die katalisator wees vir ’n groeiende aantal landsburgers wat sê: “Genoeg is genoeg. Die huidige stelsel werk nie, en kan nie langer ondersteun word nie.”

Die minderheidspartye op die oomblik kan net baat vind by ’n verskuiwing van steun van die ANC en EFF na The People’s Dialogue.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.