Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dink mooi voor jy teen Sasol staak

In reaksie op René H. Truter (13.09) se mening dat hy bereid sou wees om teen Sasol te staak.

Is hy bewus dat toe Sasol in 1979 teen 100c op die JSE genoteer is, slegs een groep voordeel daaruit kon trek? Tweedens, as ek na foto’s van die stakers kyk, het hulle almal in die skaduwee geleef en die vrugte van apartheid se ekonomiese boom geniet. Derdens, is hy bewus dat die stakers wel aandele uit die Inzalo-skema van Sasol ontvang het, net nie soveel soos die swart werkers wat uitgesluit was nie?

Laastens, kan die skrywer ’n voorstel maak hoe maatskappye soos Sasol die ongelykheid (terloops, die grootste ter wêreld) kan uitwis, of moet sekere Suid-Afrikaners altyd voor in die ry staan en die res altyd laaste?

Meer oor:  Sasol  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.