Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dis al moeiliker om positief te bly

Ons land is in ’n droewige toestand op feitlik alle terreine van die samelewing.

Ons sit met bankrot staats­instellings, bedrog met belastinggeld, wrede moorde en ander geweldsmisdade daagliks, en pa­tetiese regering – in verskillende re­geringsfere.

Dan wil ’n mens graag jou toevlug tot sport neem om jou aandag van al hierdie treurigheid af te lei.

Nou ja, en daar sit ons met ons nasionale krieketspan by die Wêreldbeker-krieket­toernooi!

Ek het in my lewe nog nooit so ’n oninspirerende klomp gesien nie – om nie eens van die kaptein, Faf du Plessis, te praat nie. Die man is só onentoesiasties dat dit beslis na sy spanmaats moet deursypel.

Ottis Gibson is ook nie veel beter as afrigter nie.

Ons rugby, sokker en ander sport gee ons ook nie veel om oor tevrede te voel en te lag nie.

Al hierdie negatiewe goed maak ’n mens nogal depressief. As dit só gaan, is dit moeilik om positief te bly oor jou land.

Meer oor:  Ottis Gibson  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.