Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dis bloot bangmaakstories

Ek verwys na die bydrae van prof. Anton van Niekerk (“Wag Nirvana of Armageddon?”, 13.04). Hy skryf dat ons leef “in tye van oorloë, gerugte van oorloë, terminale siektes, moordenaar-virusse en pandemies”.

Tans is daar net enkele, kleinskaalse oorloë op aarde. Vergelyk dit met, onder meer, die twee wêreldoorloë, die oorlog in Korea, die oorloë in Viëtnam, die oorlog in Afganistan en die Koue Oorlog. Dit is ook onduidelik na watter “gerugte van oorloë” hy verwys.

Wat betref terminale siektes: Dit is nie uniek aan ons tyd nie – daar was terminale siektes sedert die eerste mense op aarde geloop het. Dan ken hy antropomorfiese eienskappe toe aan virusse: “moordenaar-virusse” en elders “monster-virus”. Virusse kom en gaan, en is nie sinister nie.

Van Niekerk skryf dat Steven Pinker in sy boek The Better Angels of Our Nature aandring “dat ons in die beste moontlike wêreld leef”. Ek kan nie onthou dat ek daardie stelling in Pinker se boek raakgelees het nie. Die tesis van Pinker se boek, wat hy na my mening deur feite staaf, is dat ons leef in die tyd van die minste geweld in die geskiedenis van die mensdom en nie dat alles perfek is nie.

Van Niekerk vra na watter bestemming die mens op pad is, Nirvana of Armageddon. Hy sê dit stel dalk ’n “onbeantwoordbare” vraag. Daar is wel ’n antwoord op die vraag: Ons is nie op pad na een van daardie bestemmings nie. Dit is baie duidelik dat die oorgrote meerderheid van mense nie streef na ’n hemel op aarde nie, maar slegs na ’n beter standaard van lewe. En dit is ook ’n feit dat, ten spyte van wat mag blyk uit die hoofstroom- en sosiale media, die wêreld elke dag ’n beter plek word.

Laastens kan ek Van Niekerk verseker dat ons nie op pad is na Armageddon nie – dit is bloot bangmaakstories van oningeligtes en sekere gelowiges.

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burgerbehou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Oranjezicht  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.