Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘. . . dis dalk die heel laaste maal . . .’

Skielik het die virus ’n naam. Baie name.

Ons goeie vriend Callie sterf Sondag in die vroeë oggendure. Alet word skielik en onverwags ’n weduwee. Sy self toets positief. So sterf Callie alleen en rou Alet alleen. Die virus is ongenaakbaar en koud, maar laat ons nie koud nie. Reeds in pre-Covid-19-tye het ons “mensdom” ware menslike kontak begin verwaarloos, dit selfs verleer. whatsapps, SMS’e en stemboodskappe is goed genoeg om empatie, medelye, blyke van omgee en selfs skoknuus oor te dra.

Ek wonder met kommer oor die impak van ons huidige kontak-arme bestaan op ons emosionele welsyn nou en in die toekoms. Hoeveel duisende, selfs miljoene mense gaan deur die donker skaduwee van Callie en Alet se hel? Om alleen te sterf en (moontlik erger) om alleen agter te bly sonder ’n enkele persoonlike kontakbesoek, die vashou van ’n hand of net eenvoudig die dáár wees van ’n geliefde – al is dit in stilte.

Ek dink met groot hartseer aan my vriende en geliefdes en wens Koos du Plessis se woorde was nie slégs ’n wens nie: “Neem nou my hand, want die nag is koud, dis dalk die heel laaste maal . . .”

Meer oor:  Virus  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.