Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dis eintlik ‘Lesufisering’ van land

Die hoofartikel “ANC is steeds gevangene van sy totalitêre verlede” (24.12) som die politieke situasie in Suid-Afrika 100% reg op.

Ek dink die EFF is reeds ’n soort rooi leërtjie met sy jongste “bosinisiasieskole” subtiel op sleeptou.

Trouens, die skrywer kon dit eintlik die ANC/EFF/SAKP se gesamentlike “totalitêre Lesufisering” van die land genoem het.

Nie net sport en onderwys word nou ingekatrol nie, maar ook die ekonomie, kuns en kultuur, en die regstelsel – kortom, alles.

“Dekolonisering”, “nasionalisering” (met “onteiening sonder vergoeding”) en “meer rewolusies” word as verskonings gebruik.

Ek dink die EFF is reeds ’n soort rooi leërtjie met sy jongste “bosinisiasieskole” subtiel op sleeptou.

Soos Die Burger tereg opmerk: “Vasgevang in hul eie totalitêre verlede” asook “die rewolusie duur voort”, soos gepropageer deur Ramaphosa by Bergville, nogal op “Versoeningsdag” 2019.

Meer oor:  Mystem  |  Regering  |  Anc  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.