Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dis nie meer rugby nie

Hiermee dan ‘n spesiale skrywe aan my vriend Johan Heunis.

Ek het hom belowe ek sal vir hom ‘n stel riglynne stuur waarom ek nie meer WP Rugby ondersteun en waarom ek heeltemal afgestomp is van die pragtige sport.

1. Ek was nog altyd ‘n ondersteuner en kritiese analis van die vyftienamn-sportkode, maar ek het ‘n ernstige probleem om vyftienman-rugby te kyk en op die ou einde 23 manne op die veld te sien. ‘n Rugbyspan bestaan uit 15 spelers en 3 reserwes, en as jy nie 80 minute kan speel nie, bly dan by die huis.

2. SA rugby was nog altyd gebou rondom ons vaste vassette. Darom dat ons opposisiespanne in die grond kon skrum en menigte drieë van ‘n vaskopskrum kon druk. Dit wanneer die opposisie se agterlyn op die aanval ingestel was, en ‘n agtal die skrum kon swaai weg van die opposisie en daardeur aanval. Wat sien ons nou? Die skrumskakel plaas die bal onder sy haker se voete en ‘n skrum word opgeblaas indien dit deur 90° swaai.

3. Maar ‘n strafskop word toegeken wanneer die skeidsregter besluit die voorry se knieë het geknak?

4. SA het goeie lynstaanmanne ontwikkel van Johan Claassen, Kevin de Klerk, Kobus de Wet, Louis Moolman, Bakkies Botha, Victor en andere. Nou tel ons middelmatige slotte op en dink hulle is wêreldgehalte.

5. Voorheen mag jy nie agter jou spanmaats geskuil het terwyl jy die bal dra, nou gebruik ons ‘n lynstaan om die opposisie plat te druk terwyl die baldraer agter die pak skuil en oor die doellyn val. Dan dink ons dit is rugby?

6. Ek het altyd Nuweland besoek om my span, die WP of Springbokke te ondersteun, om daardie beste spelers te sien speel. Ek het die Wilson Whinnery se ’64 All Blacks gesien, Ek het Willie-John McBride se ’74 Leeus gesien, Greg Davies se ’69 Wallabies en ook Morne Du Plessis se era. Nou gaan ons Nuweland toe, betaal volprys en die WP-bestuur kan my nie waarborg dat die beste 30 spelers op die veld sal verskyn nie gegewe ons huidige kwotastelsel, nee dankie.

7. Dan ‘n wedstryd om 19:00 op ‘n Vrydagaand, nadat ek ‘n werkweek van 50 uur agter die blad het? Daar is geen manier wat ek om 21:00 op die N2 huis toe sal ry nie. Nee dankie.

Dus wat bly oor? Ek het pragtige herhinneringe van Nuweland en die vyftienmankode. Wat tans opgedis word, is vir my volksvreemd en ek bestee nou my geld en energie aan my huis en stokperdjie. Jammer, WP Rugby. 

Meer oor:  Rugby  |  Wp Rugby  |  Durbanville  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.