Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dis nog nie tyd om Bok te slag

Johann Maarman se rubriek oor die Springbok-embleem (26.05) het betrekking.

Ek is ’n ou wit man en ek moet saamstem met vele van sy stellings, soos dat ek ook nie weet van driekwart van die spelers wat hy noem wat gedurende apartheid naam gemaak het nie. Dit is egter nou 2018 en ons het ’n Springbok-span wat gelukkig nie meer spierwit is nie en wat al geruime tyd so ’n bietjie meer weerspieël wat ons as Suid-Afrikaners is. As gevolg hiervan het ek al ’n hele tyd in die waan gelewe dat ons nou uiteindelik op die regte pad is met die Springbok!

En sowaar, daar klap Johann my met een skoot terug tot in die werklikheid.

My sekerheid dat alles oukei is, is verpletter. Ek sal egter vasbyt en geloof behou dat die Bok gekwes is, maar binnekort weer sal opstaan.

Ek sal graag wil hoor wat Johann se kommentaar is nadat ons gehoor het Siya is as kaptein gekies. Gemeet aan Siya, sowel as sy pa, se uitsprake van trots dat hy as die Springbok-kaptein gekies is, sou ek sê dit is nie nou al nodig om die Bok te slag nie!

Meer oor:  Grabouw  |  Springbokke  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.