Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dis soos slegte nuus in Suid-Afrika lyk

Dit is slegte nuus, maar mense van Suid-Afrika sal moet aanvaar dat die land ’n korrupte en onbevoegde regering en staatsamptenary het. Hulle het teen dié tyd reeds heelwat ondervinding van hierdie immorele praktyke en het al geleer om daarmee saam te leef. Etiese mense sal dit nooit aanvaar nie.

Die korrupsie kom al van ver af saam met die ANC. Reeds in die strugglejare was daar talle gevalle van korrupsie deur senior leiers van die beweging in Zimbabwe en ander lande wat as basisse gebruik is.

Toe daar met onderhandelinge begin is met die apartheidsregering en dit duidelik was dat ’n meerderheidsregering die bewind sou oorneem, het van die kaders hulle al klaargemaak om die situasie uit te buit. Hulle het dit gesien as hul geleentheid “om te eet”. En het hulle nou met groot aptyt en toewyding geëet!

Dit het gou ’n gevestigde praktyk onder die hoës geword om elke moontlike geleentheid te benut om te steel. Daar was boonop die siening dat om van die staat te steel nie eintlik ’n misdaad is nie.

Jacob Zuma was ’n voorbok met korrupsie en danksy ’n redelik eerbare regbank wat die aanslae van staatskapers suksesvol afgeweer het, kom hy eersdaags voor die hof om (hopelik) sy straf te kry.

Dat ANC-ondersteuners nie op groot skaal die party verlaat het toe die omvang van korrupsie bekend geword het nie, kan moontlik daaraan toegeskryf word dat hulle ook nie hul leiers se gedrag as misdadig sien nie. Die steun wat Zuma en Ace Magashule steeds geniet, is bewys daarvan. En dit is onrusbarend en ontstellend.

Ons kan net hoop en vertrou dat daar genoeg mense met onkreukbare etiese en geestelike waardes in die ANC-leierskorps is wat sal sterk staan teen onteiening sonder vergoeding en soortgelyke onwettighede.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Korrupsie  |  Staatsampetenare
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.