Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dis tyd vir realistiese opleiding

Ons het nie ’n oorvloed begaafde, bevoegde en hardwerkende mense in ons land nie.

As die meeste Suid-Afrikaners bogenoemde eienskappe gehad het, sou ons nie ’n resessie beleef het met krotbuurte wat oral opskiet en miljoene werkloses nie.

Ons sou ook nie so ’n skrikwekkende misdaadsyfer gehad het nie, want gekwalifiseerde mense met vaste werk en goeie woongeriewe wend hulle selde tot misdaad.

Dit is nie dat daar geen skole en ander opleidingsinstansies beskikbaar is nie, maar wel dat daar nie doeltreffende opleiding is nie weens ’n tekort aan bevoegde onderrigpersoneel.

Dit moet reggestel word en dan moet ongetwyfeld beroepskole, veral tegniese skole, gebou word vir diegene wat nie op akademiese gebied kan presteer nie. Die beheptheid met universiteitsgrade moet ook gestaak word en tegniese kolleges moet op groot skaal vakkundiges oplei, aan wie daar ’n groot tekort is.

Watter doel dien dit om gegradueerdes gratis op te lei vir wie se kwalifikasies daar nie ’n aanvraag is nie?

Meer oor:  Izak Bergh  |  Marchand  |  Mystem  |  Resessie  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.