Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dis weer tyd vir ’n groot heropbou

Ons weet almal Suid-Afrika sit met ’n groot groep armes en werkloses, wit sowel as swart. Van hulle het ook swak behuising en sien geen toekoms nie.

Baie jare gelede het ons as Afrikaners ook so ’n probleem gehad met armblankes. Die Nasionale Party het hierdie groep gebruik om projekte soos Yskor, paaie, damme en die spoorweë tot stand te bring. Dit het werk, en dus ’n toekoms, aan groot getalle Afrikaners gebied.

Ek dink ons is weer by daardie punt. Hierdie keer moet ons alle landsburgers, wit sowel as swart, bystaan en ’n toekoms aanbied. Ons het universiteite wat beman word met hoogs intelligente mense, wat ek seker is baie graag wil help met die ontwikkeling van ons land en sy mense.

Ek dink aan mense wat baie kennis het van stads- en streeksbeplanning, argitekte, bourekenaars, ekonome, en meer. Wat kan hulle doen? Hoe kan hulle werk verskaf?

Hoe kan hulle hoop gee?

  • Met die nuwe normaal staan daar baie geboue leeg, want baie mense werk nou van hul huise af. Dit staan na aan die middestad. Ek weet van twee halfvoltooide winkelsentrums in Pretoria. Hierdie geboue kan deur argitekte en bouers omgeskakel word in wooneenhede met een of twee slaapkamers, ’n badkamer, ’n leefkamer en so meer. Dié behuising is gemik op mense met ’n gemiddelde of ondergemiddelde inkomste wat tot R5 000 per maand kan bekostig. Die eienaars van die geboue kan so ook ’n inkomste verdien.
  • Argitekte kan ook gebruik word om woonstelblokke te beplan wat behuising kan verskaf aan mense met min of geen inkomste nie. Deur mense in plakkerskampe so ’n opsie te bied, sal ons hulle ook hoop gee. Dit kan lei tot kleiner plakkerskampe. Dit bied ook ’n moontlikheid vir werkloses om ’n inkomste te verdien as onder meer bouers en verwers.

Waar sal die geld vandaan kom? Skrap alle niewinsgewende staatsinstansies.

Meer oor:  My Stem  |  Opheffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.