Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dis wie ons is, minister Cele

Op ’n onlangse indaba met die boeregemeenskap in KwaZulu-Natal ná die plaasmoorde op Glen en Vida Rafferty, vra ’n boer die agbare minister Bheki Cele wat hulle moet doen as nuwelingboere hul vee in die kommersiële boere se gesaaides injaag.

Kommersiële boere wat nie hul plase, vee, trekkers, kunsmis, bakkies, store en vragmotors by die staat verniet gekry het nie. Die kommersiële boere wat die syfers op hul eie moet laat klop sonder enige hulp.

Ons minister van polisie se wyse antwoord was: “Who do you think you are?”

Vir die agbare minister se inligting: Ons is die nageslag van die Europeërs. Dis ons wat Sasol opgebou het en wat die eerste was om brandstof uit steenkool te vervaardig.

Ons het die Atoomenergie Korporasie van Suid-Afrika in 1948 gestig, waar verrykte uraan later vervaardig en aan die VSA en Brittanje verkoop is vir hul kernprogramme. By Pelindaba het ons kernsplitsing gedoen.

Minister Cele, het jy al gehoor van ons dr. Christiaan Barnard, wat die eerste hartoorplanting gedoen het?

By Denel het ons die G5- en die G6-selfaangedrewe kanon gebou, wat ’n projektiel 40 km ver kon skiet. Ons mense het die Mirage F1 tegnies opgegradeer om met die meer moderne Russies-vervaardigde MiG te kon meeding. Ons jong diensplig-ingenieurs het die Rooivalk-aanvalshelikopter ontwikkel. Denel was destyds ’n internasionale wêreldleier in die ontwikkeling van wapenstelsels en ammunisie.

Daagliks hoor ons van Eskom se skuldlas en swak opwekkingsvermoë. Het die minister geweet Eskom was destyds die derde grootste krag­opwekker ter wêreld? Met ’n positiewe balansstaat.

Minister Cele, ons het niks gesteel nie, ons pioniersinstinkte en ontwikkelingsvaardighede het die land opgebou.

Dalk moet die agbare minister ons land se ware geskiedenis navors. Of het die minister sy simpel vraag gevra omdat hy nie die kommersiële boer se vraag kon beantwoord nie?

Meer oor:  Bheki Cele  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.