Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dit blyk pensioenfonds ignoreer my

Ek is ’n oudonderwyser wat in die destydse SWA met pensioen afgetree het. Al die jare het ons pensioen van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) ontvang.

Gewoonlik wanneer die minister van finansies sy begrotingsrede gelewer het, het die fonds pensioentrekkers per brief in kennis gestel van die persentasieverhoging wat toegestaan is, plus die verhoogde bedrag wat van 1 April af geld.

Die laaste paar jaar het ek egter geen brief ontvang nie, maar net by kollegas van die verhoging gehoor. Ek het ook nie op 1 April vanjaar ’n verhoging ontvang nie. Die verhoging word sowat drie maande later deurgegee met terugbetaling sonder enige verduideliking.

Ek het verskeie navrae per e-pos aan die fonds gerig, sonder enige reaksie of terugvoering.

Op 18 April het ek ’n skrywe aan Abel Sithole, uitvoerende hoof van die fonds, gerig. Dit is nou reeds begin Junie en ek het nog geen antwoord gekry nie.

As daar enigeen is wat my probleem kan oplos, sal ek baie dankbaar wees!

Meer oor:  Kleinmond  |  Mystem  |  Pensioenfonds  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.