Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dít het niks met Darwin te doen

Ek het Sake van die Dag (DB, 06.06) deur Leopold Scholtz baie interessant gevind.

Daar is egter een stelling wat hy in die artikel maak waarmee ek nie kan saamstem nie. Dit is waar hy sê: “Maar Hitler se lewensfilosofie was Sosiaal-Darwinisties: Die sterkste volke is voor­bestem om swakkeres te oorwin en te oorheers . . .”

Darwin was nooit so ’n mening toegedaan nie. Die populêre opsomming van Darwin se bevindings – “survival of the fittest” (wat ook nie heeltemal akkuraat is nie) – beskryf maar net een aspek van sy teorie, naamlik dat daardie organismes wat beter aangepas is by die omgewing waarin hulle leef (dié wat “fit enough” is), meer geneig is tot voortplanting en om hul voordelige eienskappe aan die volgende geslag oor te dra. Daar is geen sprake van “sterk volke wat bestem is om swakkeres te oorwin” nie.

Hitler en die Nazi’s het die “Herrenvolk”-idee gepropageer wat hulself as meesterras die meerdere van alle ander rasse beskou het en bestem was om oor die ander te heers.

Dit het niks met Darwin te doen nie.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.