Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dít het tot onbevoegdheid aanleiding gegee

Die berig “Duisende nie bevoeg vir poste” (13.04) het betrekking.

By die politieke oorgang van 1994 was dit te wagte dat ’n nuwe swart middelklas tot stand sou kom en dat die staat, provinsies en munisipaliteite dié proses die sterkste sou dryf.

Die verwydering van gesoute en bevoegde (wit) staatsamptenare is gedoen sonder behoorlike onderhandelinge oor die oordrag van kennis en ondervinding. Die aflegging van duisende wit amptenare het onafwendbaar gelei tot ’n vakuum van kennis en ondervinding. Die ANC het regstellende aksie eerder as prosesse in werking gestel.

Dat die ANC nou eers tot hierdie besef kom, is ’n geweldige aanklag teen die ANC-leierskorps en uitvoerende gesag. Het hulle in 26 jaar nie kennis geneem van die ouditeur-generaal se jaarlikse verslae nie?

Hulle het met kaderontplooiing daartoe bygedra dat op alle vlakke van openbare bestuur alles inmekaartuimel. Daarmee saam en uiters skandelik is hierdie onbevoegde amptenary se vergoedingspakkette buitengewoon verhoog. En hierdie hoë vergoedings vorm die basis van hul toekomstige gewaarborgde pensioenvoordele.

Die ekonomie is pap, koste gaan deur die dak en munisipaliteite vreet lekker uit die belastingbetaler se trog.

Byvoorbeeld, in Kleinmond is dit vandeesweek geopenbaar dat die ses topbestuurders in die Overstrand­munisipaliteit gesamentlik byna R12 miljoen per jaar verdien.

Meer oor:  My Stem  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.