Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dít is die moordenaars van die nasie

In Volksblad (04.04) skryf Gert Coetzee en Charles Smith oor Ace Magashule, voormalige VS-premier en nou ANC-sekretaris-generaal, se huis en ’n Jetta 6 met ’n kattebak vol note (ons belasting-note) onderskeidelik. Korrupsie is nie ’n geheim in Suid-Afrika onder ANC-beheer nie. Van die parlement tot munisipaliteite is deurdrenk van korrupte amptenare. Politiek word hier bedryf sonder beginsels; ’n moordenaar van die nasie!

Waar die staat en staatsorganisasies sake doen met die private sektor is tenderpreneurskap en onetiese begunstiging aan die orde van die dag. Hier word sake gedoen sonder etiek; ’n moordenaar van die nasie!

Hooggeplaastes bederf hulself met die duurste motors, duurste drankies, duurste hotels. Dis plesier sonder verantwoordelikheid; ’n moordenaar van die nasie!

Middelmanne wat net die staat en private sektor in kontak met mekaar plaas, word skatryk. Dis rykdom sonder werk; ’n moordenaar van die nasie! Alle kennis word in eiebelang uitgebuit. Hier is kennis, maar sonder karakter; ’n moordenaar van die nasie!

Nes wetenskap sonder menslikheid of godsdiens sonder opoffering moordenaars van die mensdom is, so is die ANC sonder beginsels, etiek, verantwoordelikheid, werk en karakter ’n moordenaar van ons nasie. Daar kan nooit hoop wees onder aanvoering van so ’n regering nie.

Ek soek ’n nuwe land; ’n eerbare plek – my eie land. ’n Afrikanerland! Ek soek selfbeskikking; my internasionale reg, wat jus cogens verhewe bo die Grondwet staan. Hoe sal enige God dié land met sy vloek van ’n regering ooit seën?

Meer oor:  Charles Smith  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.