Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dit is ’n ‘kultuur van moord’

My oupa is in 2010 op ’n plaas vermoor. Ek was tien jaar oud en dit breek my hart om te sê dis al wat ek van my oupa kan onthou. Hy was ’n boer en hy is vermoor.

Die moordenaars het by die kombuis ingekom. Daar is nie eens ’n beursie gevat of aan een van die vier motors se sleutels geraak nie. Toe hulle nie kry waarvoor hulle gekom het nie, het hulle in die sitkamer ingesluimer.

Hulle het nie geraak aan die TV of die skilderye teen die muur nie en is weer uit by die deur.

Hulle het om die huis geloop en ’n oop venster gekry – die hoofslaapkamer. ’n Gewapende hand is stadig, maar nie versigtig nie, deur die venster gesteek. Blindelings is die sneller getrek, langs my ouma se kop verby en deur my oupa se lugpyp. Sy laaste woorde sukkelend aan my ouma: “Ek het dit verwag.”

My ouma bly steeds in dieselfde huis. In dieselfde kamer. Want hoewel ons seer het, huil en skree, sal die vyand­ ons nie oorwin nie.

My oupa het vroeg die volgende oggend in sy eie bloed verdrink.

Boere word vermoor. Ge- brand. Verdrink. Vergruis. Gelos vir die dood.

Al meer as tien jaar in die land van melk en heuning.

’n Boer staan in die son om die kos op jou tafel te voorsien, die sogenaamde melk en heuning. Soos die son sak, gaan die boer dan terug huis toe, na sy gesin. Elke dag moet ons boere opstaan, veg en ba­klei. Dit is nie ’n rassekwessie nie. Dit is nie fopnuus nie. Dit is nie toevallig nie. Dit is ’n kultuur van moord.

My ouma bly steeds in dieselfde huis. In dieselfde kamer. Want hoewel ons seer het, huil en skree, sal die vyand­ ons nie oorwin nie.

Meer oor:  Briewe. Kultuur  |  Mystem  |  Moord  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.