Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dit is nou Radio Sonder Genot

Ek wonder hoeveel duisende huishoudings het soggens verander nadat die SAUK besluit het om programme te verander om uitgawes te besnoei.

Ek verwys spesifiek na RSG, wat soggens 05:30 outomaties op my radio begin speel het met eers die kort nuushooftrekke. Nou word ons vergas met landbounuus, wat op sigself nie verkeerd is nie, maar ek wil dié “noodgedwonge” besparingsmaatreëls voor die deur lê van swak bestuur en korrupsie oor jare.

Hlaudi Motsoeneng, destydse SAUK-bestuurshoof, het in 2014 R42 miljoen as “dankie sê”-bonusse aan personeel toegeken. In 2016 het hy vir homself ’n bonus van R11,4 miljoen gereël.

En een jaar het hy vir homself ’n verhoging van R1 miljoen toegestaan. Dit is dié wanbesteding wat die oorsaak is dat ons nou na tweederangse radio moet luister.

Kan die minister van kommunikasie nie, in die huidige vlaag van naamsveranderinge, RSG se naam verander na Radio Sonder Genot nie? Of dalk Radio Sonder Geld.

Meer oor:  My Stem  |  Rsg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.