Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dit is nou tyd vir handevat en vrede by Grey

Toe ek vandeesweek die begrafnisdiens van die onderwysman oom Dawie Scheepers bywoon, laat dit my onwillekeurig dink aan Annelie Botes se “Dis asof vrede nooit weer wil terugkom nie” (11.09).

Onder die begrafnisgangers was nie ’n teken van ’n huidige onderwyser, beheerraadslid of leerling van Grey-kollege om die skoolhoof (in sy Grey-baadjie) by te staan in die afskeid van sy geliefde pa nie.

My hart was seer oor mnr.
Deon Scheepers wat die laaste tyd met soveel integriteit sy man gestaan het teen ’n oormag wat hom veroordeel het oor sake waaroor hulle nie saamgestem het nie.

Soos sy oorlede pa het hy vasgestaan omdat hy oortuig was van sy saak. Baie van ons sou tou opgegooi het, maar hy het soos ’n rots bly staan.

As buitestander het ek ervaar daar is steeds nie vrede nie.

Enige gelowige sou verwag dat daar ná die Grey-hofuitspraak vrede sou wees en dat ’n span ondersteuners mnr. Scheepers se hande omhoog sou hou en die skade aan die skool sou regmaak.

Sal die verloorders in die stryd nie nou grootmoedig wees en die probleme uitstryk nie. Vat hande en ondersteun mekaar in liefde, asseblief, want baie van ons ervaar eerder haat as liefde by julle.

Wil julle nou ’n gerespekteerde skoolhoof verder in die grond probeer trap deur te wys wie is baas?

Julle het jul skoolhoof mos met die hand uitgesoek en hom in die vreemde gaan haal om die hoof vir jul kinders te wees.

Steek julle trots in jul sakke en help ’n man om die skool tot nog verdere hoogtes te lei.

Ja, ek is ’n buitestander en nie ’n oud-Grey nie, maar as ’n gebore Bloemfonteiner is ek ook lief vir julle skool en trots op julle prestasies sedert die stigting in 1855 tot vandag toe.

Julle behoort self te erken julle skoolhoof het reeds baie gedoen om die akademie op ’n hoër peil te bring.

Gee hom die eer wat hom toekom en bou op sy baie sterk punte.

As julle respek wil terugwen, vat hande en werk saam. Andersins moet julle die eerbare weg volg en as beheerliggaam bedank.

Ek weet baie lede van die publiek en baie Grey-mense is net so skaam soos ek oor wat die afgelope tyd met Grey gebeur het.

Meer oor:  Grey  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.