Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dít is nou wonderlike nuus vir SA

Nou weet ek ten einde laaste wat met ons openbare sektor verkeerd is.

Ek weet interessantheidshalwe waarom dienslewering power is, asook waarom bedrog en korrupsie gedy sonder dat ministers, direkteurs-generaal, departementshoofde en ander senior toesighouers dit agterkom.

Dit is ook nou vir my glashelder waarom daar ’n oorvloed van wanbestuur, wanbesteding en allerhande wanpraktyke plaasvind.

Hoe het ek al dié inligting bekom?

Dit het alles duidelik geword toe ek in Die Burger (28.08) lees dat kabinetslede en staatsamptenare kursusse gaan doen om beter te “regeer” en meer doeltreffend te kan wees in hul beroepe.

Dit is nie fopnuus nie, maar kom uit die perd se bek, via Jackson Mthembu, minister in die presidensie.

Twee opleidingsprogramme is reeds goedgekeur. Dank Vader.

Dit is wonderlike, opbeurende nuus vir die land en al sy mense, behalwe miskien vir die tweemiljoen kursusgangers.

’n Mens wonder nou net waarom dié wat ’n gebrek aan kapasiteit en bevoegdheid het, nie voor hul aanstellings opleiding gekry het nie?

Nou moet daar weer ’n “nuwe normaal” kom, soos met alles ná die korona-virus. Ons was net gewoond aan die ou normaal, al was dit ook abnormaal.

Meer oor:  Jackson Mthembu  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.