Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dít kan nie in doofpot gestop word

Die seuns van Bird Island, die opspraakwekkende boek van Mark Minnie en Chris Steyn, maak ernstige bewerings teen wyle Magnus Malan en twee ander NP-ministers van destyds.

Skokkende bewerings van seksuele misbruik van veral bruin seuns, ook die mutilasie van ’n jong seun met ’n vuurwapen, word ondersoek en onderhoudend deurgegee.

Nou word dié ernstige misdrywe bloot ontken deur oudkollegas en familie en afgemaak as “absurde bewerings” (07.08).

In die lig daarvan dat die slagoffer van die skietvoorval nooit opgespoor en ondervra kon word nie, is die mense wat werklik bevestiging kan gee tog die matrone en veral die chirurg wat glo by die lewensreddende operasie betrokke was. Dié geheimsinnige operasie op ’n bruin seun in die destydse wit vleuel van ’n hospitaal in Port Elizabeth is die bepalende faktor oor die “absurditeit” van die stelling in die boek.

As chirurg van ’n kind wat seksueel aangerand is en so pervers met ’n vuurwapen verwond is, het hy nie ’n verpligting gehad om dit ten minste by maatskaplike dienste aan te meld nie? Pasiënt-vertroulikheid kom wetlik sleg tweede in hierdie situasie. Die chirurg ontken ook nie die gebeure nie, maar beroep homself op ’n lompe verdediging van vertroulikheid.

Hierdie beweerde siek gebeure op Bird Island kan nie meer net in die doofpot gestop word met stellings soos: “Dis nie hoe Malan se familie en almal wat hom geken het, hom beleef het nie.”

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Die Seuns Van Bird Island  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.