Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dít krap my ‘ongelooflik’ baie om

Ek het vandeesweek Donderdag Johan van Wyk se Van Alle Kante vreeslik geniet.

Ek is bly dat hy mense bewus maak van hoe hulle Afrikaans gebruik. Hier in die Kaap is dit soms moeilik om te verstaan wat iemand tussen al die sleng deur sê.

’n Woord wat my grensloos irriteer – nie net as gevolg van die feit dat dit so baie gebruik word nie, maar ook onvanpas gebruik word – is die woord “ongelooflik”, of soos party mense dit uitspreek: on-ge-loooof-lik.

Ek sit nou die dag in die kerk en die prediker het ’n mooi relaas oor waarom mense in die Onsienlike moet glo. Sy argumente het egter almal platgeval toe hy sê ons sal “ongelooflik” gelukkig wees as ons dit glo.

Ongelooflik vinnig . . . ongelooflik mooi . . . ongelooflik skelm . . . Is daar dan nie ander woorde waarmee ons ’n punt kan benadruk nie?

Ek dink aan mooi uitdrukkings soos “verbysterend”, “ondenkbaar”, “fantasties”, “uitnemend”, “erg” of sommer net “baie”.

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Van Alle Kante  |  Mystem  |  Lesersbrief  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.