Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dit lyk na ‘staatskaping op skool’

Dis vir my moeilik om te glo wat ek aanskou het ten opsigte van die “Terug Skool Toe”-skryfbehoeftes op ons klein kusdorpie.

Daar is ’n paar ondernemings op die dorp wat al baie jare skryfbehoeftes verkoop, en die ouers kan koop waar hulle wil.

Vir vanjaar se aankope het ’n sekere laerskool egter briefies aan die ouers gegee met al die besonderhede en pryse soos teen Oktober verlede jaar sodat die ouers pakkette by ’n bepaalde skryfbehoefte-onderneming op die dorp moet koop.

Natuurlik was dit verwarrend vir die ouers, want hoe dan nou? In die verlede kon jy koop waar jy wou! Sommige van die ouers en oupas en oumas is nuut op die dorp en weet nie van beter nie en is in die skool se wyse van handel ingeboelie!

Van die ander ondernemings se voorraad is goedkoper as dié van die betrokke winkel.

Hoe verstaan ’n mens dit ? Ons lewe in ’n demokratiese land met ’n vryemarkstelsel en daar word aan die skool se ouers, asook via die leerlinge, deur die laerskool voorgeskryf waar jy jou kind se skoolbenodigdhede moet koop? Wat ’n klomp twak is dit nie.

Dit klink vir my na ons regering wat sy eie familie en vriende met tenders bevoordeel . . . staatskaping. Dis skokkend om te sien dat daar selfs nou al in skole voorskrifte is van waar jy moet koop anders . . .? ’n Mens wonder maar net wat die voor­dele daaraan verbonde is.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Terug Skool Toe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.